Weet jy wie sy is?

Sy is sterk, maar tog, so, so sag. As sy nuwe mense ontmoet, is sy eintlik op haar senuwees. Sy wonder soms wat mense van haar dink - sy wonder eintlik altyd wat mense dink. Sy dink eintlik te veel - veral oor ander mense...๐Ÿ–๐Ÿป๐Ÿ–๐Ÿฝ๐Ÿ–๐Ÿฟ
Dit is moeilik om haar drome te deel - dit klink onrealisties. Drome wat sy versigtig is om hardop te deel vir twee redes: almal gaan vir haar lag (aan die eenkant) en sy het hierdie ongelooflike vrees dat haar drome waar word๐Ÿ˜ถ๐Ÿ˜ถ๐Ÿ˜ถ
Daar is nie genoeg plek in haar hart vir vier-pote nie. Ook nie die geveerdes nie. Eintlik vir geen diertjie nie - sy sal 'n plekkie maak vir almal van hulle! Om die waarheid te sรช, hoe meer sy te doen het met mense - hoe liewer word sy vir al die diere...๐Ÿพ๐Ÿพ๐Ÿพ
Sy is vreesloos maar versigtig. Braaf maar ook baie bang. Sy staan sterk maar bewe 'n bietjie. Sy is lief, maar kyk-die-ding-maar-so (๐Ÿ˜˜). Sy is...
Weet jy wie sy is?

4 comments

  • ] Exakiginu poe.vlob.meisiekind.co.za.dom.wk http://slkjfdf.net/

    agajetaycodre
  • ] Uwajey ggz.jtdl.meisiekind.co.za.xvs.sy http://slkjfdf.net/

    uhtoaalayu
  • ] Idocioyer glh.bboh.meisiekind.co.za.xfo.xs http://slkjfdf.net/

    etmaetowu
  • ] Exekedob irb.dfaj.meisiekind.co.za.mzy.pp http://slkjfdf.net/

    aasuzuz

Leave a comment