Netflix se "Unwell"

Ag nou die aand soek ons iets om te kyk terwyl ek hierdie stuk hieronder knoop. Ons kom toe af op "Unwell" wat nou op Netflix wys. Het julle dit al gekyk? In kort: dit is 'n paar episodes wat elke keer 'n ander tema van "gesondheid" (as 'n mens dit so kan noem, van die episodes lyk meer soos die "new age" benadering tot sekere dinge as ernstige gesondheidsraad...) behandel. Die eerste helfte is 'n klomp mense wat babbel oor die positiewe kant van die onderwerp wat hulle mee besig is, en die tweede helfte van die program is die klomp wat heeltemal daarteen is🤨🙄🤓
Dit is nogal lekker om te kyk, want dit word op so 'n manier gedoen dat 'n mens heeltemal oortuig is dat die onderwerp "goed" is vir 'n mens, maar halfpad deur die episode wil jy niks daarmee te doen hê nie!😟🤭🤐
Een van die episodes gaan oor die positiewe krag van bye-gif. So 'n mens is veronderstel om die bytjie met 'n tweezer op sy voorlyf te vang en dan laat jy hom toe om jou te steek met sy angel op jou gewrigte (as jy byvoorbeeld artritis of inflammasie het of so iets). Die angel moet dan vir so 30 sekondes van die gif in jou inpomp, wat dan fantasties sal wees vir jou...🐝🐝🐝
Dit is alles goed en wel, en ek is oop vir enige alternatiewelike genesingsmiddel wat 'n mens se simptome kan verlig.
Maar☝️... die by vrek nadat hy jou gesteek het!! Glo my, ek weet hoe belaglik ek klink, maar ek kan dit net nie oor my hart kry om die by te laat vrek net om vlugtige verligting van 'n simptoom te kry nie. So nee... nie vandag nie...😬😲😯
Ek moet sê 'n gordyntjie soos die vat heelwat langer as 'n mens elke vyf minute die program moet stop om die onderwerp te debatteer... Kyk wat gaan ek nou doen: To bee or not to bee...THAT is the question!! 😁😁😁
Makramie Muurkuns

Leave a comment