Molly-bomb & Pippa

Dit is 2017. Ek sien ek het ’n WhatsApp. Dit begin soos een van daardie boodskappe waar die ontvanger wonder wat presies gaan hierdie guns nou wees, want die oploop na die vraag maak ’n mens amper senuweeagtig...😳😳😳


“You really don’t have to, please just say no if you don’t want to. No pressure. Think about it first, and let me know whenever you are ready. Or just say no - I’ll definitely understand…”
Dit was die eerste deel van die boodskap, en die vreeslike guns was om na haar baba dogtertjie te kyk vir die tyd wat sy moet teruggaan werk toe.😁😃😄
Ek gaan nie eers doekies omdraai nie (sien wat het ek daar gedoen😇) - dit was die lekkerste paar weke van my en Heine se lewens! Hy het haar natuurlik leer vlieg en die wetenskaplike naam van elke plant in ons tuin geleer, en ek het haar net vasgehou, lief geword vir haar en ons het gedans...ons het vrek baie gedans.😍🥰😍
En hier is ons nou... 5 jaar later en nog 'n WhatsApp kom deur.
"Look who started ballet last week... 🤦🏻‍♀️ and she'll be 4 years old already on Sunday. Cant believe it..." Ek val amper op my rug. Kyk daai mensie. My dogtertjie. Nou dans sy al self... (kan julle glo?)🤓😳😮
Maar dit is verseker nie waar die WhatsApp stop nie.  Robyn vra of ek vir Pippa 'n muurkuns sal maak? Ek hoef nie eers twee-keer te dink nie. Ek begin sommer al knoop terwyl ek haar boodskap antwoord! Molly kry 'n sussie!!😁🤩🥳
Ek kan nie wag om hierdie nuwe klein lyfie te ontmoet nie! Robyn & Collin, congratulations on the little Pip(pa)squeak! Can't wait to "drag" myself down there to meet her! May she bring you so much love, joy, happiness and everything that's beautiful. Thank you for letting me, once again, be part of your babies' lives! It's such a huge priveledge!😍😍

Leave a comment