Hello, Baba-Genis!

Hierdie tipe stories maak dit elke keer vir my soveel mooier as ek iets kan knoop - dit is so vrek persoonlik😁😁😁
Ek en Natasha sou al twee jaar terug ontmoet het sodat ek vir haar en 'n groep vriendinne met 'n paar makramie knope tou-wys maak (kyk wat het ek daar gedoen!🤪), maar dit het ongelukkig nie gerealiseer nie....😕😕😕
Intussen stuur ek vir haar 'n "doen-dit-self" makramie boksie, sodat sy ten minste 'n paar knope kan leer en self 'n "knoop-nerd" kan word😇😊🥰
Tyd het verby gegaan, CoVID-19 het gekom en is steeds aan die gang... en toe eensklaps uit die bloute hoor ek weer van haar! Maar hierdie keer met 'n heeltemal verskillende boodskap:
"Ons grootste "blessing" is op pad - BABA GENIS!!"🤭🤗😍
Natuurlik kan 'n baba-kamer nie sonder 'n handgeknoopte lampskerm nie - en alhoewel Natasha al 'n hele paar knope onder die knie het, het sy nie nie kans gesien om dit self aan te pak nie. Wat 'n voorreg toe sy Meisiekind vra!😉🤭😁
Ek kan nie wag vir die foto in Augustus nie. Sy het die prentjie so mooi geteken - hoor hier:
"Ek imagine al hoe ek op my wieg stoel sit en die liggie brand so effens in die agtergrond terwyl ek baba rustig aan die slaap sus - Coco en Benji ons twee Goldies saam lê."🥰😍🥰
Weet julle wat is die mooiste van alles? Kyk hoe vinnig smelt my hart met hoe die brief eindig:
"Baie liefde,
Natasha, Marchant en Baba Genis".
Baie geluk met julle eersteling! Mag baba Genis meer as liefde, vrede, vreugde en elke liewe pragtige werkwoord wat daar is vir julle beteken! 😍😍😍

Leave a comment