Die bloemis, 'n fotograaf en daai kameel

Die eerste keer toe ek haar sien, was sy woelig op die "scene". Arms vol blomme en loof en dinge wat ek niks van weet nie. Ek onthou ek het uit die kar geklim nadat ek parkeer het, deur agter my toegemaak en eintlik maar voëlverskrik gestaan en kyk na die affêre wat voor my afgespeel het🤓😬🤓
Daar was mense. 'n Hele paar mense. Daar was blomme, 'n koperstaander, 'n hele paar kussings en nog dekor vir die tafel. Voor my het almal geskarrel en gelag en mekaar rond ge-"order". Aan my regterkant was Leandri Marx Photography
besig met haar kamera. 'Kliek'. 'Kliek'...'Kliek'📷📷📸
Links was my hoekie om op te stel. Ek het my tas soontoe gedra en my goedjies mooi opgehang op my koperstaander, gereed vir wanneer ek geroep word vir aksie. Ek was nog besig om my laaste makramie stuk te hang toe ek omdraai en in 'n kameel vaskyk...🐫👀🐪
Na die tyd toe almal weer rondskarrel om hul eie goedjies bymekaar te kry, was toe ek kans kry om self met haar te gesels - Caro van Meraki Floral Design.
Toe sy haar arms na my toe uitsteek, hou sy die mooiste bos katoen vas...ag en ek smelt toe amper!
Meisiekind is mos bekend vir #katoenkuns! Ons het nog al die pad kontak gehad, maar nie geleentheid gekry om mekaar al weer te sien nie😊☺️😊
Net voor die oorplanting het sy vir my gevra om vir haar 'n tafelloper te maak, maar ek moes ongelukkig uitstel tot die operasie verby is. Ek spog altyd so met almal se mooi stories, en toe ek haar vra om haar storie te deel dat ek daaroor ook kan post, toe skryf sy hierdie mooiste, mooiste stuk:
"Ek was so bevoorreg om ongeveer 2 jaar gelede hierdie "Meisiekind ", van vele talente, te ontmoet. En ons het op hierdie dag so lekker gesels, en mekaar in besigheid bemoedig om aan te hou en hard te werk. Haar werk was vir my pragtig mooi. Sy het elke liewe week 'n ander nuwe en nog mooier produk op haar FB blad gepost. Min het ek geweet hoe siek sy was. Dit het haar nie gestuit nie, en haar besigheid het weekliks uitgebrei. Toe sien ek die pragtige tafellopers wat sy adverteer en ek was absoluut "sold" ek moes een kry. En die plan is om later, wanneer ons weer op volle stood mag werk en troues hou en blomme doen, van hierdie pragtige produk vir my besigheid aan te skaf. Charlotte, jou werk is pragtig en jy is 'n wonderlike inspirasie vir my. Mag jou besigheid en jou gesondheid floreer!"
Wat 'n flippen mooi brief, en hierdie keer was dit een vir my! Dankie vir sommer alles, Caro! xxx 😍😍😍

Leave a comment