Die 4e Desember 2020 gaan ek vir 'n nieroorplanting!

Ons het vanoggend die Chirurg ontmoet wat my ma Liza se nier by my gaan oorplant. So 'n algemene, normale ding wat 'n mens doen op 'n Donderdagoggend 10h00. Goed maar nou weet ek - so veel as wat ek kan. 'n Mens kan ook net soveel Google dan raak jy óf van jou kop af oor wat jy raaklees, óf jy trek by 'n heeltemalle ander onderwerp waar jy nie regtig wil wees nie...🤭😬☝️
Ek sal nog eendag die heeeeele storie vertel van begin tot einde - ons moet eintlik nog net op ons kop staan en in die rondte gedraai word dan behoort ons gereed te wees vir 'n nieroorplanting. Maar anders as dit sê ek die week vir my mense dat ek voel soos 'n vol-brood wat deur die masjien gestoot word om 'n gesnyde brood te word aan die ander kant - en dit alles voor die tyd, om gereed te wees vir die prosedure🤫😶😑
So nou pak ek maar 'n mandjie vol gedroogte blomme en hou dit bo my kop. Dit is mooi, dit hou my kop besig, dit is lekker en dit is metafories. Want die 4e Desember gaan ek vir 'n nieroorplanting, betyds en gereed as alles goed gaan om weer terug by die huis te wees Kersfees🙂🙃🙂
Dit is al.

Leave a comment