Augustus is die Nasionale Bewustheidsmaand vir Orgaanskenkers

So tussendeur die geknopery, sit ek en dink: Augustus is die Nasionale Bewustheidsmaand vir Orgaanskenkers, en vandag spesifiek - 13 Augustus - is Wêreld-orgaanskenkingsdag. Dit is nie 'n publieke vakansiedag nie, mense maak nie regtig 'n groot 'hoo-ha' daaroor nie...om die waarheid te sê is dit nie regtig 'n algemene feit wat almal sommer-net weet nie🙂🙃🙂
Na omtrent twee-jaar van toetse, wag en geduldig wees het ons uiteindelik gehoor dat my ma haar nier vir my kan skenk. Die volgende keer wat ek die Nefroloog sou sien was in die hospitaal. Dit was die Dinsdag wat ons die nuus gekry het. Die Donderdag het die President die algemene inperkingstyd aangekondig...😶😯😦
Omtrent vyf maande later sit ek nog steeds en knoop, en wag en wag en wag en knoop en wag en knoop. Ek dra my masker AS ek uit die huis uitgaan. Ons vriende en familie bly so vêr as moontlik weg van ons huis af - het om die waarheid te sê nog nie eers ons nuwe huis kon sien nie omdat ons almal so vrek gehoorsaam en bang is dat ek dalk perongeluk blootgestel word en CoVID-19 kry.  
Heine doen AL my materiaal aankope vir my (selfs die wol of lap wat ek dalk nodig gaan hê vir kommissiewerk), hy laai elke pakkie af vir kliente wat verkies om self pakkies te kom optel sodat ek so min as moontlik kontak met mense het. Hy vat ook al die materiaal wat nodig is vir my liefste knopers en regterhande Liza en Linette sodat hulle kan help met al die bestellings🥴🥴🥴
Ons het 18 Maart 2019 uitgevind my ma is 'n "match" en sy kan haar nier vir my skenk...dit is vandag 13 Augustus 2020 en ons wag nog steeds vir die dag wat ons almal se lewens gaan verander...😷😷😷
Dit raak nou 'n lang 'post'.
Ek wou eintlik net sê Augustus is die Nasionale Bewustheidsmaand vir Orgaanskenkers, en vandag spesifiek - 13 Augustus - is Wêreld-orgaanskenkingsdag...want daar is nie regtig ander woorde nie.🤫🥱😐
Dan knoop ek maar nog verder aan die krans...🧏🏼‍♀️💁🏼‍♀️🤷🏼‍♀️

Macrame Wreath

Leave a comment