gallery/storie

Net soos joune, begin my storie natuurlik nie net op hierdie papier nie, en is daar baie meer as wat 'n mens so op die oog-af kan sien.  Alhoewel ek ongelooflik baie praat, is my storie nie regtig een wat ek graag sommer-so sal uitblaker nie.  Ek het wel 'n paar vrae gekry die afgelope paar jaar oor die tatoeërmerke op my arms - wat deel vorm van my storie. Aanvanklik het ek probeer om dit te vermy, te noem dat dit "sommer-maar net iets is wat vir my mooi was..." om die onderwerp te vermy.  Ek het wel vinnig besef dat dit deel is van my, wie ek is ek hoe ek met my hart op my mou rondloop - letterlik en figuurlik.

 

Ek was nog altyd gefassineer deur die boheemse lewenswyse – ek bewonder die manier waarop hulle so sorgeloos en kaalvoet deur die lewe swerf. So ook was ek nog altyd 'n kaalvoet-wonderlus met 'n onveranderlike begeerte om die korf te ontsnap, vanuit 'n Volkswagen Beetle te leef en enigiets wat ontsagwekkend is met my hande te skep.
Ek het blootstelling tot verskillende kunsvorme verken terwyl ek studeer het by the Open Window - skool vir visuele kommunikasie. Geen medium was vir my aangrypend genoeg nie, en het daarna besluit om Verpleegkunde aan die Universiteit van Pretoria te studeer, waar ek my Honneursgraad in Verloskunde voortgesit het.  

 

Natuurlik loop elkeen van ons 'n pad wat ons nie altyd kies of verstaan nie.  In 2006 is ek gediagnoseer met Kroniese Nierversaking, sowel as 'n Auto-Immunsiekte Skleroderma.  As Suster het ek het'n geruime tyd geskrop en dit vreeslik geniet om te sien hoe enige vriendelikheid, hulp en soms shirurgie 'n groot verskil aan iemand se lewe kan maak.  Nooit het ek gedink dat 'n mens die wêreld kan help deur kuns nie - en hoe verkeerd was ek nie!  Toe my nierfunksie op so 'n lae persentasie kom dat ons moes begin met voorbereiding vir 'n nieroorplanting, was ek nie in staat om verder meer voldag in teater te skrop nie, en moes daarom ophou daarmee.  So hartseer as wat dit was, het dit 'n splinternuwe wêreld vir my oopgemaak.

 

Nog nooit was ek een wat kan stilsit nie, en daarom het ek tussendeur die hospitaal- en doktersafsprake, toetse en spreekkamers besluit om my hande besig te hou met enigiets wat vir my mooi is.  Omdat ek so roekeloos geboei is deur die manier waarop verskillende teksture van katoen en leerwerk die mees ingewikkelde, welgevormde ontwerpe kan skep wat enige huis in 'n liefdevolle, boheemse kunswerk kan verander het katoen kunswerk my lewe heeltemal begin verander! Ek het onmiddellik begin om met verskillende mediums te speel en knoop, 'n boek kaf gedraf, aanlyn klasse begin neem en elke dag geknoop, en geknoop, en geknoop.  Dit was ongelooflik terapeuties en ek het vinnig agtergekom dat daar iets aan die kunsvorm is wat ek met almal moes deel.  Al hoe meer mense het hul stories vir my vertel, en ek was in die mees bevoorregte posisie om unieke kunswerk te kon knoop wat die mooiste gesinne, verskillende mense se persoonlikhede of hul gebeurtenisse kon vasvang.  Dit was daar wat ek besef het dat 'n mens tog wel die lewe kan verander - selfs (en veral) met kuns.

 

Ek het besluit om 'n produkte-reeks uit te bring, om die kuns van Makramie katoenwerk op te kikker en lewendig te hou.  Daarom is daar 'n leefstyl-, dekor- en tuinreeks wat perfek in die unieke boheemse persoon se hande sal pas.
 

Dit is nou twee jaar later, die Here het my besigheid ongelooflik baie geseën en ek is elke dag dankbaar dat ek so met my hande kan werk.  Veral omdat ek weet hoe kosbaar die lewe is, hoe gelukkig mense jou kan maak en hoe belangrik dit is om lief te hê en geliefd te voel. My doel en "bucket list" is om so veel mense aan te raak met my kunswerk as wat ek moontlik kan.  Ek hoop jy word deel daarvan! 

Saam met 'n kat (my seuntjie), 9 enorme vistenks (my man se kinders), 'n skerpioen en twee skilpaaie, is ek en my man woonagtig in ons knus klein huisie in Lyttelton, Suid-Afrika. Ek is baie lief vir enige en alle lewende hawe en so ook my man (sommer vreeslik baie!) en sy bynaam vir my is "meisiekind" - vandaar die oorsprong van die naam van my werk.

 

 

'n tatoeërmerk of twee: ek dra my hart op my mou - letterlik en figuurlik.

gallery/heart
gallery/charlotte smit
gallery/logo_burned

terug na tuisblad

maak 'n verskil.  red sewe lewens.  registreer as 'n orgaanskenker!

https://tse4.mm.bing.net/th?id=OIP
https://www.westerncape.gov.za/sites/www.westerncape.gov.za/files/organ-donation-940-1759_2
https://tse4.mm.bing.net/th?id=OIP