Facebook
gallery/logo_burned
gallery/meisiekind transparrent
gallery/open-letter
Facebook
 (0)

vinnige skakels

hello@meisiekind.co.za

078 756 9833

gallery/950x350-almond-solid-color-background

media

GrootFM - Die Groot Ontbyt

Tuis Tydskirf / Home Magazine

Food and Home Entertainment Magazine 

TrouSA

KykNet

Whispering Thorns

Leandri Marx Photography

Suikerbekkie Fotografie

BLOM

kommissiewerk

Wil jy baie graag 'n unieke, handgemaakte Makramie kunswerk van jou eie hê?  Vertel vir ons jou storie, deel 'n idee of prentjie en ons stuur vir jou meer inligting!

 

Laai die eVorm hier af.  

 

Kliek hier vir die kommissiewerkgallery.

gallery/950x350-dust-storm-solid-color-background

hantering & skoonmaak van kunswerk

Katoenvesel kom van 'n katoenplantjie wat dit 'n 100% natuurlike materiaal maak. Katoen is sag maar tog baie duursaam. Volg ons instruksies vir behoorlike versorging en onderhoud om te verseker dat jou nuwe Makramie kuns 'n gelukkige lewe het! 

 

Muurkuns word spesifiek geknoop vir interior gebruik. As jy van plan is om jou kuns buite op te hang, moet jy dit beskerm teen die blootstelling aan die son en water.  Vermy 'n oop vlam (kerse, kaggels)

 

Stof / Opbou van vuilgoed

Maak kunswerk skoon met 'n wit, klam lappie & 'n sagte skoonmaakmiddel - vermy skoonmaakmiddels wat bleikmiddel bevat.  Gebruik altyd koue water om te verhoed dat die kunswerk krimp.  Hang kunswerk in 'n goed geventileerde area om droog te word. 

 

Koffie / wynvlekke 

Maak so vinnig as moontlik jou kunswerk skoon nadat daar koffie of wyn op gemors is.  Los kunswerk onder lopende koue water vir 3-5 minute (gebruik die agterkant van jou kunswerk).  Vryf die vlek liggies tot dit uitkom.  Gebruik chemikalieë-vrye skoonmaakmiddel indien nodig.

 

Vlieë en ander insekte

Soos enige ander natuurlike materiaal (byvoorbeeld wol of sy), kan katoen 'n voedselbron vir verskillende insekplae word. Maak seker dat jy ten minste een maal per maand stof uit jou kunswerk verwyder deur 'n klam lappie of stofdoek te gebruik

 

Stryk of droogskoonmaak

Jou kunswerk kan gestryk word om enige kreukels wat veroorsaak is deur die was- of versending daarvan. Sekere droogskoonmaak-prosedures mag die katoen geel laat vertoon.

bestellings & aflewering

Bestellings

Bestellings word gestuur sodra die volle bedrag ontvang is. 

Voorafbestellings sal gestuur word sodra die voorraad klaar gemaak is, gewoonlik +-10 werksdae na die bekendstelling van die produk.

 

Aflewering van pakkies

Nasionaal

PostNet tot PostNet R99.00

Deur tot Deur R150.00 

 

Aflewerings mag 5-7 werksdae neem, afhangende van wanneer jou pakkie gestuur word sowel as die afleweringsadres. 

 

Meisiekind sal nie aanspreeklik gehou word vir enige skade of verlies wat ontstaan ​​as gevolg van die verkeerde afleweringsadres of afwesigheid van die ontvanger nie. 

 

Pakkies kan afgehaal word in Centurion, Suid-Afrika op Maandae tussen 08h00 - 12h00.

Die adres sal bekend gemaak word sodra bestelling gereed is vir afhaal.

Internasionaal:

 - Internasionale afleweringstye kan van land tot land verskil.

 - Let daarop dat daar invoerbelasting in jou land van toepassing mag wees.  

 - Meisiekind word nie aanspreeklik gehou vir invoerbelasting nie.  

 - Alle belasting moet deur die ontvanger betaal word.

 - Iinternasionale koerierkostes sal bereken word o.g.v. gewig en afmetings van die pakkie.

 - Kontak Meisiekind vir meer inligting oor internasionale aflewering van pakkies

 

gallery/950x350-bone-solid-color-background

algemene vrae

Het julle 'n winkel?

Ons winkel is op hierdie stadium slegs aanlyn.  Jy is welkom om 'n afspraak te maak om na die reeks te kyk in Centurion, Suid-Afrika.

 

Meisiekind Handelaars / Winkels: 

Bibi Rouge 

Benmore Shopping Centre, shop 55

Cnr. Grayston drive & Benmore road,

Sandton, Johannesburg

 

The Golden Goose Artistry

Southdowns Shopping Centre

Cnr. John Vorster & Karee Streets, Irene Ext 54

 

The Golden Goose Artistry

Brooklyn Mall, shop ts4/ts5

Fehrsen St, Brooklyn, Pretoria 0011

Doen julle Co-Lab's?

Natuurlik - kontak ons gerus vir enige idees om saam te werk.

 

​Bied jul enige aanlyn-werkswinkels aan?

Binnekort - hou ons bladsy dop. 

Het julle kredietkaartfasiliteite?

As jy graag jou pakkie wil optel by ons adres is jy meer as welkom.  Ons het kredietkaartfasiliteite vir betalings.

werkswinkels

Ontmoet kreatiewe hande en verken die basiese knoop-beginsels van Makramie.

In die werkswinkel kan jy jou nuwe vaardighede toepas om jou eie Makramie Muurkuns of Planthanger te knoop.

Geen vorige ervaring is nodig nie en enigiemand is welkom om die werskwinkel by te woon.  

 

Kliek hier vir werkswinkels-inlgtingdokument.